.
Way With Words (Africa), a service of Way With Words (Global), is the leader in English language transcription services in South Africa, Southern Africa and the African region


Select your country
 
FORMAAT EN VOORBEELDE

Standaard formaat (STANDARD)

Hierdie is 'n woordelikse transkripsie wat alle hm's en aa's, herhaling van woorde, emosies, agtergrondgeluide en betekenlose aansporing deur die onderhoudvoerder UITSLUIT. Dit SLUIT egter wel halwe sinne, niksseggende woorde en herhaalde, kort frases IN.

Netjiese formaat (SMART)

Hierdie soort transkripsie SLUIT niksseggende woorde, emosies, agtergrondgeluide, die onnodige gebruik van woorde soos "reg"en "goed", betekenlose aansporing deur onderhoudvoerder en herhaalde, kort frases UIT, maar sluit wel halwe sinne IN. Swak taalgebruik kan reggemaak word indien jy seker is wat die sprekers bedoel.

Volle woordelikse formaat (FULL VERBATIM)

Hierdie is 'n woordelikse formaat wat hm's en aa's, herhaling van woorde, halwe sinne, agtergrondgeluide, emosies, aansporing deur die onderhoudvoerder en niksseggende woorde INSLUIT.

Voorbeelde van bogenoemde:

* Herhaling van woorde: maar, maar; ek, ek
* Halwe sinne: Is dit ... Dink jy dit is belangrik?
* Niksseggende woorde: Jy weet, ek bedoel, soort van, soos
* Herhaalde, kort frases: Ons is 'n ... ons is 'n beperkte maatskappy.
* Agtergrondgeluide: [selfoon wat lui], [deur wat klap]
* Emosies: [huil], [lag]

FORMAAT-VOORBEELDE

Volle woordelikse formaat

Ja, dit was vanaf ... jy was soort van besig om klaar te maak; Fase II het weggespring en daarna Fase III. Hm, ek dink dit was bietjie van 'n stadige begin. Jy, jy kon dalk voor Kersfees (hoesgeluide) begin het, maar dit was heel moontlik, hm, eers later en toe was daar veranderinge, 'n nuwe vennoot wat ingekom het, jy weet, en toe identifiseer jy maar met my ... Ons het saamgestem oor miskien ... jy weet, dat dit dalk voordelig sou wees om die beplanning te herskeduleer; al die ... hm, alles opgelos en boukontrole (selfoon wat lui) afgehandel voordat, voordat die vennoot, soort van, inkom op die projek.

Standaard formaat

Ja, dit was vanaf ... jy was soort van besig om klaar te maak; Fase II het weggespring en daarna Fase III. Ek dink dit was bietjie van 'n stadige begin. Jy kon dalk voor Kersfees begin het, maar dit was heel moontlik eers later en toe was daar veranderinge, 'n nuwe vennoot wat ingekom het, jy weet, en toe identifiseer jy maar met my ... ons het saamgestem oor miskien ... jy weet, dat dit dalk voordelig sou wees om die beplanning te herskeduleer; al die ……. alles opgelos en boukontrole afgehandel voordat die vennoot, soort van, inkom op die projek.

Netjiese formaat

Ja, dit was vanaf ... jy was besig om klaar te maak met Fase II en daarna het Fase III weggespring. Ek dink dit was soort van 'n stadige begin. Jy kon dalk voor Kersfees begin het, maar dit was heel moontlik eers later en toe was daar veranderinge, 'n nuwe vennoot wat ingekom het en toe identifiseer jy maar met my... ons het saamgestem dat dit dalk voordelig sou wees om die beplanning te herskeduleer, alles opgelos en boukontrole afgehandel voordat die vennoot inkom op die projek.
Quick Quote: Click here

Privacy | Terms & Conditions | Confidentiality | Security | Payment | Frequently Asked Questions | Resources

Copyright 2002-2010 Way With Words.
Way With Words (Pty) Ltd is a Service of Way With Words (Global)
Way With Words (Pty) Ltd is a registered company in South Africa. Company No. 2001/015436/07. VAT No. 4010198705.